Matthew 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Jesus in Betlehem in Judéa gebore is in die dae van koning Herodes, kyk, daar het wyse manne uit die ooste na Jerusalem gekom,
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus is in die dorp Betlehem in Judea gebore tydens die regeringstyd van koning Herodes die Grote. Omstreeks daardie tyd het daar sterrekundiges uit die ooste in Jerusalem opgedaag. Hulle doen toe navraag:
Afrikaans 1933/1953
En toe Jesus te Betlehem in Judiagebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom
Afrikaans 1983
Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus is in Betlehem, Judea, gebore, in die dae van koning Herodes, en kyk, daar het sterrekenners uit die Ooste in Jerusalem aangekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus is gebore in die stad Betlehem in die provinsie Judea. Dit was in die tyd toe Herodes koning was. Ná Jesus se geboorte het daar sterrekykers in Jerusalem aangekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus is in die dorp Betlehem gebore. Dit is in die landstreek van Judea. In daardie tyd was Herodes die Grote die koning van die mense in Palestina. ’n Paar sterrekenners uit die ooste het kort na Jesus se geboorte in Jerusalem aangekom.