Matthew 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In Rama is daar 'n stem gehoor, geween en geween en groot rou; Ragel het geween oor haar kinders en wou nie vertroos word nie, want hulle is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“’n Smartkreet word gehoor in Rama, ’n gesnik en ’n bitter geklaag. Ragel huil oor haar kinders. Sy wil maar net nie vertroos word nie, want hulle is dood.”
Afrikaans 1933/1953
'n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.
Afrikaans 1983
“'n Gekerm word op Rama gehoor, 'n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos word nie, omdat hulle nie meer daar is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“'n Stem is in Rama gehoor, 'n droewige gehuil en 'n luide rouklag; Ragel huil oor haar kinders, en sy weier om vertroos te word, omdat hulle nie meer daar is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“ Hulle hoor hoe die mense huil, hoe hartseer hulle is in die stad Rama. Ragel huil oor haar kinders. Die mense probeer haar troos, maar sy bly hartseer, want haar kinders is dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“In Rama het die mense ’n harde stem gehoor. Dit klink soos iemand wat verskriklik huil. Dis Ragel! Sy huil oor al haar kinders. Niemand kan haar troos nie, want haar kinders is dood.”