Matthew 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Staan op en neem die kindjie en sy moeder en gaan na die land van Israel, want hulle is dood wat die lewe van die kindjie gesoek het.
Afrikaans (NLV) 2011
“Staan op en neem die Kindjie en sy ma terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie om die lewe wou bring, is dood.”
Afrikaans 1933/1953
en gesê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder, en gaan na die land van Israel; want hulle is dood wat die lewe van die Kindjie gesoek het.
Afrikaans 1983
en sê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en gaan terug na die land van Israel toe, want die mense wat die Kindjie se lewe gesoek het, is dood.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en gesê: “Staan op, neem die Kind en sy moeder en gaan na die land Israel, want die mense wat die Kind om die lewe wou bring, is dood.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maak gereed, neem die Kindjie en sy ma en gaan terug na die land Israel, want die mense wat die Kindjie wou doodmaak, is nou dood.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het vir hom gesê: “Word dadelik wakker! Vat vir Jesus en sy ma en gaan terug na Israel toe. Almal wat Hom wou doodmaak, is nou self ook dood.”