Matthew 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar toe hy hoor dat Archelaüs in Judéa in die kamer van sy vader Herodes regeer het, was hy bang om daarheen te gaan; maar hy het in 'n droom deur God gewaarsku en weggedraai na die dele van Galilea.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hy egter hoor dat Argelaus koning geword het in sy pa, Herodes, se plek, het hy bang geword om na Judea te reis. Omdat God hom in ’n droom so beveel het, het hy toe na die omgewing van Galilea vertrek.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe hy hoor dat Archel s oor Judiakoning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het 'n goddelike waarskuwing in 'n droom ontvang en na die streke van Galil,a teruggekeer.
Afrikaans 1983
Toe hy egter verneem dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was Josef bang om daarheen te gaan. Nadat God hom in 'n droom 'n aanwysing gegee het, is hy na die landstreek Galilea toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar toe hy hoor dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was hy bang om daarheen te gaan. Nadat hy in 'n droom 'n opdrag van God ontvang het, het hy na die landstreek Galilea vertrek
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Josef het gehoor Argelaos was die nuwe koning van die provinsie Judea. Argelaos was koning ná sy pa Herodes. Josef was toe bang om na Judea te gaan. Die Here het vir Josef in 'n droom gewaarsku, en daarom het Josef uit Egipte na die provinsie Galilea gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar aangekom, het hy gehoor dat Herodes se seun Argelaus die nuwe koning van Judea was. Hy was toe skrikkerig om daar te gaan bly. Terwyl Josef nog wonder wat hy moes doen, het hy weer in ’n droom ’n boodskap van God af gekry, hierdie keer om na die gebied van Galilea toe te gaan.