Matthew 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy al die owerpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom het, het Hy van hulle gevra waar Christus gebore sou word.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy roep toe al die priesterhoofde en skrifkenners bymekaar en hoor by hulle waar die Messias gebore sou word. Hulle het hom geantwoord:
Afrikaans 1933/1953
en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.
Afrikaans 1983
Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nadat hy al die leierpriesters en skrifkenners uit die volk bymekaargeroep het, het hy by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Herodes het die priesterleiers geroep en ook die skrifgeleerdes. Hulle het 'n vergadering gehou, en koning Herodes het baie vrae vir hulle gevra. Hy wou weet waar die Christus gebore sal word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het hy gou al die godsdienstige leiers en die skrifkenners van die volk byeengeroep. Hy wou by hulle weet presies waar die Messias, God se Gestuurde, gebore sou word.