Matthew 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy, Betlehem, in die land van Juda, is nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n goewerneur voortkom wat oor my volk Israel sal regeer.
Afrikaans (NLV) 2011
‘En jy, Betlehem, in die landstreek van Juda, jy is beslis nie die onbeduidendste dorpie in Juda nie; want uit jou sal daar ’n leier voortkom wat my volk Israel sal versorg soos ’n skaapwagter sy skape.’”
Afrikaans 1933/1953
En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal 'n leidsman voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.
Afrikaans 1983
“En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ ‘En jy, Betlehem, in die grondgebied van Juda, jy is glad nie die geringste onder die regeerders van Juda nie; want uit jou sal daar 'n leier kom wat my volk Israel as herder sal lei. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
‘God het gesê: “ ‘ Jy, Betlehem, in die land Juda, jy is een van die belangrikste stede in Juda. Betlehem, daar sal 'n Leier in jou gebore word, en Hy sal vir my volk Israel sorg soos 'n skaapwagter vir sy skape sorg.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Betlehem, jy is lankal nie meer ’n onbenullige klein plekkie iewers in Juda nie. ’n Groot leier sal nog uit jou midde kom. Hy sal Israel lei, net soos ’n herder sy skape lei.”