Matthew 22:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Wat dink julle van Christus? wie se seun is hy? Hulle sê vir hom: Die Seun van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wat is julle standpunt oor die Messias? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s’n.”
Afrikaans 1933/1953
en sê: Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy? Hulle antwoord Hom: Dawid s'n.
Afrikaans 1983
“Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” “Dawid s'n,” antwoord hulle Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Wat sê julle van die Christus? Wie se Seun is Hy?” Hulle antwoord Hom: “Dawid s'n.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wie se Seun dink julle is die Messias?” “Dawid s’n,” sê hulle dadelik.