Matthew 23:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom is julle getuies vir julleself dat julle die kinders is van hulle wat die profete doodgemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarmee wys julle die vinger na julleself, want julle erken ronduit dat julle die nageslag is van dié wat die profete vermoor het.
Afrikaans 1933/1953
Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
Afrikaans 1983
Op dié manier erken julle self dat julle nakomelinge is van die moordenaars van die profete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarmee getuig julle teen julleself dat julle kinders is van hulle wat die profete vermoor het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So sê julle self dat julle die nageslag is van die mense wat die profete vermoor het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar julle is maar net die kinders van daardie mense wat die manne van God vermoor het. Die appel val nie ver van die boom nie. Julle voorouers het die beker halfpad met die bloed van die manne van God volgemaak.