Matthew 25:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die dwase vir die wyse: Gee ons van julle olie; want ons lampe is uitgedoof.
Afrikaans (NLV) 2011
Die dwases vra toe vir die verstandiges: ‘Help ons asseblief met ’n bietjie van julle olie, want ons lampe is aan die doodgaan.’
Afrikaans 1933/1953
En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit.
Afrikaans 1983
Die onverstandiges sê toe vir die verstandiges: ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan dood.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die dwases het vir die verstandiges gesê, ‘Gee vir ons van julle olie, want ons lampe is besig om dood te gaan.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dwase meisies sê toe vir die verstandige meisies: ‘Gee vir ons van julle olyf-olie, want ons lampe gaan dood.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle bedel toe olie by die vyf wat slim genoeg was om ekstra olie saam te bring.