Matthew 26:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want deurdat sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit vir my begrafnis gedoen.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe sy hierdie olie op My uitgegooi het, het sy eintlik my liggaam vir my begrafnis voorberei.
Afrikaans 1933/1953
Want toe sy hierdie salf op my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.
Afrikaans 1983
Deur hierdie reukolie op my liggaam uit te giet, het sy My voorberei vir my begrafnis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sy hierdie reukolie oor my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vrou het nou die lekkerruik-olie oor My gegooi, en sy het dit gedoen sodat my liggaam gereed kan wees wanneer hulle My begrawe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sy het hierdie geurige olie oor my liggaam gegooi terwyl Ek nog hier by julle is. Hierdie liggaam gaan binnekort in die graf lê.