Matthew 26:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord Judas, wat Hom verraai het, en sê: Meester, is dit ek? Hy sê vir hom: Jy het gesê.
Afrikaans (NLV) 2011
Judas, die een wat Hom sou uitlewer, reageer toe en vra: “Dit is tog seker nie ek nie, Rabbi?” Hy antwoord hom: “Daar sê jy dit self.”
Afrikaans 1933/1953
En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê.
Afrikaans 1983
Toe sê Judas, sy verraaier: “Is dit miskien ek, Rabbi?” Jesus antwoord: “Dit is soos jy sê!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Judas, sy verraaier, sê toe daarop: “Dit is seker nie ek nie, Rabbi?” Hy antwoord hom: “Jý het dit gesê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Judas, die een wat vir Jesus verraai het, vra toe vir Jesus: “Meneer, is dit ek?” Jesus sê toe vir hom: “Jy sê dit self.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Judas, die een wat al klaar besluit het om teen Jesus te draai, vra toe ook so ewe: “Dit is tog sekerlik nie ek nie, nè, Rabbi?”