Matthew 26:72 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het weer met 'n eed ontken: Ek ken die man nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Weer het hy dit ontken, hierdie keer met ’n eed: “Ek ken hierdie man glad nie!”
Afrikaans 1933/1953
En met 'n eed ontken hy dit weer: Ek ken die man nie.
Afrikaans 1983
Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: “Ek ken die man nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Weer het hy dit ontken, met 'n eed: “Ek ken die man nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Petrus het weer gesê: “Dit is nie waar nie. Ek ken nie die man nie. Die Here is my getuie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Weer het Petrus sy kop heftig geskud en gesê: “Ek sweer, ek ken hierdie man van geen kant af nie!”