Matthew 27:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor jy nie hoeveel dinge hulle teen U getuig nie?
Afrikaans (NLV) 2011
“Hoor jy dan nie al die ernstige aanklagte teen jou nie?” het Pilatus Hom gevra.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Pilatus vir Hom: Hoor U nie hoe baie dinge hulle teen U getuig nie?
Afrikaans 1983
Toe sê Pilatus vir Hom: “Hoor jy nie waarvan hulle jou alles beskuldig nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop sê •Pilatus vir Hom: “Hoor u nie wat hulle alles teen u getuig nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Pilatus vra toe weer vir Jesus: “Hoor jy al hierdie dinge wat hulle teen jou sê?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Pilatus gaan toe voort: “Luister net wat hierdie mense alles oor jou sê. Wil jy nie jouself verdedig nie?”