Matthew 27:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord die hele volk en sê: Sy bloed kom op ons en op ons kinders!
Afrikaans (NLV) 2011
Die hele volk het teruggeskree: “Ons neem verantwoordelikheid vir sy dood — ons en ons nageslag.”
Afrikaans 1933/1953
En die hele volk antwoord en sê: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!
Afrikaans 1983
Toe antwoord die hele volk: “Laat die skuld vir sy bloed op ons en ons kinders rus!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die hele volk het geantwoord: “Laat sy bloed op ons en ons kinders kom!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En al die mense het gesê: “Ja, dit is ons en ons nageslag wat skuldig sal wees as hy sterf.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die hele volk roep daarop: “Moenie bekommerd wees nie. Ons sal die verantwoordelikheid dra, ons en ons kinders!”