Matthew 27:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggegaan en gegaan en homself opgehang.
Afrikaans (NLV) 2011
Judas gooi toe die geld op die tempelvloer neer, draai om en gaan hang homself op.
Afrikaans 1933/1953
En hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en weggeloop en homself gaan ophang.
Afrikaans 1983
Judas het toe die geld in die tempel in gegooi, weggeloop en homself gaan ophang.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe die silwerstukke in die •tempel neergegooi, weggegaan en homself gaan ophang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Judas het toe die geld in die tempel gegooi en hy het weggegaan en homself opgehang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Judas gooi toe die geld net daar in die tempel neer en hardloop weg. Later het hulle hom gekry waar hy homself opgehang het.