Matthew 27:65 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pilatus sê vir hulle: Julle het 'n wag; gaan, maak dit so seker as wat julle kan.
Afrikaans (NLV) 2011
Pilatus het geantwoord: “Hier is ’n wag vir julle. Gaan beveilig die graf so goed moontlik.”
Afrikaans 1933/1953
Daarop sê Pilatus vir hulle: Julle sal 'n wag kry; gaan verseker dit soos julle dit verstaan.
Afrikaans 1983
Pilatus antwoord hulle: “Hier is vir julle 'n wag; gaan beveilig die graf so goed as julle kan.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Pilatus het vir hulle gesê: “Julle kry 'n wag van soldate. Gaan beveilig die graf soos julle goeddink.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Pilatus sê toe vir hulle: “Neem 'n groep soldate en sê hulle moet die graf goed oppas. Julle weet hoe om dit te doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Pilatus sê vir hulle: “Nou maar goed; julle het julle wagte. Gaan pas die graf so goed op as wat julle kan.”