Matthew 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe kom Jesus van Galilea na die Jordaan na Johannes om deur hom gedoop te word.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag het Jesus van Galilea af by die Jordaanrivier aangekom om deur Johannes gedoop te word.
Afrikaans 1933/1953
Toe het Jesus van Galilea na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word.
Afrikaans 1983
In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Jesus van Galilea af by die Jordaan aangekom. Hy het na Johannes gegaan om deur hom gedoop te word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het van die provinsie Galilea gekom en Hy het na die Jordaan-rivier gegaan. Hy het na Johannes toe gegaan en gesê Johannes moet Hom doop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In daardie tyd, terwyl Johannes besig was om te preek, het Jesus van Galilea af na die Jordaan toe gekom. Hy wou ook hê dat Johannes Hom moes doop.