Matthew 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Johannes het hom verbied en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Johannes wou Hom keer. “Ú behoort mý tog veel eerder te doop,” het hy gesê. “Dit is ongehoord dat U nou na my toe kom!”
Afrikaans 1933/1953
Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe?
Afrikaans 1983
Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en U kom na my toe?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Johannes het Hom probeer teengaan met die woorde: “Ek behoort deur U gedoop te word, en U kom na my?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes wou dit nie doen nie. Hy het gesê: “Dit is nie reg dat ek vir Ú doop nie, U moet vir mý doop. Hoekom kom U na my toe?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar Johannes wou dit nie doen nie. “Nooit nie! Ek behoort eintlik deur U gedoop te word!” het Johannes geskok gesê. “U is mos nie ’n sondaar soos al die ander mense wat ek doop nie. Hoekom kom U na my toe dat ek U moet doop?”