Matthew 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus antwoord en sê vir hom: Laat dit nou so wees, want so betaam dit ons om alle geregtigheid te vervul. Toe het hy hom gely.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar Jesus het hom geantwoord: “Wag nou! Ons moet God se wil juis op hierdie manier gehoorsaam.” Daarop het Johannes ingestem en Hom gedoop.
Afrikaans 1933/1953
Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want so pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat.
Afrikaans 1983
Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die wil van God voldoen.” Daarna het Johannes ingestem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het hom geantwoord: “Laat dit nou toe, want dit is goed dat ons op hierdie manier alle •geregtigheid vervul.” Johannes het toe ingestem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Jesus sê vir hom: “Doen wat Ek vra en doop My. Ons moet dit doen. Ons moet alles doen wat God wil hê ons moet doen.” Toe het Johannes gedoen wat Jesus gevra het, hy het Hom gedoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus wou nie nee vir ’n antwoord aanvaar nie. “Doop My nou dadelik!” het Hy Johannes beveel. “Want dit is wat God wil hê. So voldoen Ek en jy aan God se groot plan om die wêreld te red.”