Matthew 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dieselfde Johannes het sy kleed van kameelhare gehad en 'n leergordel om sy lendene; en sy spys was sprinkane en wilde heuning.
Afrikaans (NLV) 2011
Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra, met ’n leerbelt om sy middel. Hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
Afrikaans 1933/1953
En hy, Johannes, het 'n kleed gedra van kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
Afrikaans 1983
Hierdie Johannes het klere van kameelhaar gedra met 'n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie Johannes het 'n kleed van kameelhaar gedra, met 'n leergordel om sy heupe, en sy kos was sprinkane en wilde heuning.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes se klere was van kameelhare gemaak en hy het 'n belt van leer om sy heupe gedra. Hy het sprinkane geëet en heuning wat hy in die woestyn gekry het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Johannes se klere was van kameelhare gemaak. Hy het dit met ’n leerbelt om sy lyf vasgemaak. Sy kos was sprinkane en heuning. Dié het hy in die veld gekry. Kort voor lank was Johannes die Doper groot nuus. Mense het van oraloor na hom toe gestroom.