Matthew 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop en hulle sondes bely.
Afrikaans (NLV) 2011
En nadat hulle hulle sondes bely het, het hy hulle in die Jordaanrivier gedoop.
Afrikaans 1933/1953
En hulle is deur hom in die Jordaan gedoop met belydenis van hulle sondes.
Afrikaans 1983
Hulle het hulle sondes bely en hulle deur hom in die Jordaanrivier laat doop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en hulle is deur hom in die Jordaanrivier gedoop, terwyl hulle hulle sondes bely het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het gesê hulle is jammer oor hulle sondes, en Johannes het hulle in die Jordaan-rivier gedoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal van hulle wat in die openbaar erken het dat hulle nie doen wat God van hulle vra nie, is daar by die Jordaan deur hom gedoop.