Matthew 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dra dan vrugte wat geskik is vir bekering:
Afrikaans (NLV) 2011
Bewys eerder deur julle voorbeeldige lewe dat julle werklik tot inkeer gekom het.
Afrikaans 1933/1953
Dra dan vrugte wat by die bekering pas.
Afrikaans 1983
Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dra liewer vrugte wat by die bekering pas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nee, julle moet wys julle het verander en dat julle nou lewe soos God wil hê. Julle moet wys julle is soos bome wat goeie vrugte dra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kry eerder julle lewe in orde en doen wat God sê. Wys dat julle berou het oor al julle sondes.