Matthew 4:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en alle siektes en alle kwale onder die volk genees.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
Afrikaans 1933/1953
En Jesus het deur die hele Galil,a rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Afrikaans 1983
Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Jesus het in die hele Galilea rondgegaan, in hulle •sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig, en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het deur die hele provinsie Galilea gegaan. Hy het vir die mense geleer in die sinagoges en vir hulle vertel van die goeie boodskap dat God Koning is oor almal. Hy het ook al die mense gesond gemaak wat siek was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. In die sinagoges waar die Jode bymekaargekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer. Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. Om te wys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.