Matthew 9:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het Hy hulle oë aangeraak en gesê: Laat dit vir julle volgens julle geloof wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy raak toe hulle oë aan en sê: “Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur.”
Afrikaans 1933/1953
Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
Afrikaans 1983
Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het Jesus hulle oë aangeraak en gesê: “Laat met julle gebeur soos julle glo.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe raak Jesus aan hulle oë en Hy sê: “Julle glo dat Ek julle gesond kan maak. Daarom sal dit nou gebeur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus vat toe aan hulle oë en sê: “Mag dít gebeur waarop julle so hoop.” En dit het gebeur -