Micah 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vertel dit nie in Gat nie, ween glad nie; rol jou in die huis van Afra in die stof.
Afrikaans (NLV) 2011
Moenie dit in Gat vertel en daaroor huil nie. Mense van Bet-Leafra, rol liewer in die stof as teken van julle ontsteltenis.
Afrikaans 1933/1953
Moet dit nie in Gat vertel nie, ween daar ganselik nie! In Bet-Ofra het ek my in die stof gewentel!
Afrikaans 1983
Moet dit nie in Gat vertel nie, moenie daaroor huil nie, gaan rol liewer in die stof in Bet-Leafra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Moet dit nie in Gat vertel nie, moet glad nie daaroor huil nie! In Bet-Leafra rol hulle in die stof!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Moenie vir die mense van die stad Gat daarvan vertel nie, moenie daaroor huil nie. Gaan lê in die stof in die stad Bet-Leafra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Moenie vir ons vyand, die Filistyne, in die stad Gat van ons neerlaag vertel nie. Hulle moet glad nie sien ons huil nie. In Bet-Ofra kan die mense maar hulle hartseer wys deur in die stof te rol.