Micah 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gaan weg, inwoner van Safir, met jou skande naak; hy sal sy aansien van jou ontvang.
Afrikaans (NLV) 2011
Inwoners van Safir, gaan in ballingskap, naak en vernederd. Inwoners van Saänan, waag dit nie buite nie. Die mense van Bet-Esel treur, want hulle stad se fondasie is weggeruk.
Afrikaans 1933/1953
Trek weg in smadelike naaktheid, o inwoners van Safir! Die inwoners van Saänan trek nie uit nie. Die weeklagte van Bet-Haësel sal julle daar die verblyf ontneem.
Afrikaans 1983
Gee pad, jy wat in Safir woon, jy is kaal uitgetrek. Jy wat woon in Saänan, kan nie uitkom nie, die mense van Bet-Esel treur, hy kan julle nie meer help nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Trek weg, inwoners van Safir, naak en in skaamte. Die inwoners van Saänan ruk nie op nie. Daar word gerou in Bet-Haesel; Hy neem sy bystand van julle weg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Kom uit julle stad, mense van die stad Safir. Die vyande vang julle en vat julle weg. Die mense van die stad Saänan kom kaal uit hulle stad. Die mense van die stad Bet-Esel treur oor hulle mense wat dood is, die vyande het hulle stad verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die mense van Safir is verslaan en gevange geneem. Om hulle te verneder moet hulle kaal uit die stad stap. By Saänan is die inwoners te bang om dit te waag om buite die mure van die stad uit te gaan. Hulle kan ook nie verwag dat die mense van Bet-Haesel hulle sal kom help nie, want hulle is te behep met hulle eie hartseer.