Micah 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die inwoners van Marot het gewag op die goeie, maar die onheil het van die HERE af na die poort van Jerusalem neergedaal.
Afrikaans (NLV) 2011
Die inwoners van Marot wag in spanning dat verligting sal kom, want die Here se oordeel het al gekom tot by die poorte van Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die HERE na die poort van Jerusalem.
Afrikaans 1983
Jy wat in Marot woon, is siek van angs, daar het onheil van die Here af gekom tot by die poorte van Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, die inwoners van Marot wag angstig op iets goeds, want die kwaad wat van die Here kom, het afgegaan tot by die poort van Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van die stad Marot het gedink dit sal goed gaan, maar die Here het dit sleg laat gaan met die stad Jerusalem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die mense van Marot wag in spanning dat iemand hulle moet kom help. Dit gaan nie gebeur nie. Hulle gaan teleurgestel word. Die vyand wat die Here stuur om sy mense te straf is al amper by die hekke van Jerusalem.