Micah 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
O inwoner van Lagis, bind die wa aan die vinnige dier; dit is die begin van die sonde vir die dogter van Sion, want die oortredinge van Israel is in jou gevind.
Afrikaans (NLV) 2011
Inwoners van Lakis, span in die strydwaens! In Lakis het die sonde van Juda begin. Die ontrouheid van Israel het by julle begin.
Afrikaans 1933/1953
Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis! Dit was die begin van sonde vir die dogter van Sion, dat die oortredinge van Israel in jou gevind is.
Afrikaans 1983
Span die perde voor die strydwa, jy wat in Lakis woon! In Lakis het die sonde van Sion begin, die oortredings van Israel is daar gevind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Span die perde voor die strydwa, inwoners van Lagis! Dit was die begin van die dogter van Sion se sonde; ja, in jou is die oortredings van Israel gevind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense van die stad Lakis, julle moet die perde inspan voor julle oorlogkarre. Dit is julle wat die mense van Jerusalem en Israel laat sonde doen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die inwoners van Lakis kan hulle solank maar regmaak vir oorlog. Nie dat hulle moet dink dat hulle enigsins ’n kans het om te wen nie. Lakis was die eerste stad wat die noordelike koninkryk, Israel, se voorbeeld gevolg het om afgode te aanbid. Dit is waar die mense van Jerusalem geleer het om ongehoorsaam aan die Here te wees en afgode te aanbid.