Micah 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom moet jy geskenke aan Moresetgat gee: die huise van Agsib sal 'n leuen wees vir die konings van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Stuur ’n afskeidsgeskenk na Moreset-Gat. Die dorp Aksib het die konings van Israel mislei.
Afrikaans 1933/1953
Daarom moet jy 'n afskeidsgeskenk gee aan Mor,set-Gat; die huise van Agsib sal 'n teleurstelling wees vir die konings van Israel.
Afrikaans 1983
Daarom is 'n trougeskenk aan Moreset-Gat gegee. Die huise van Aksib is 'n teleurstelling vir die konings van Israel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom moet jy afskeidsgeskenke gee aan Morêset-Gat. Die huise by Agsib sal 'n droë fontein vir die konings van Israel wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet die mense van die stad Moreset-Gat groet, hulle moet ook gaan. Die mense wat in die stad Aksib woon, sal nie die konings van Israel kan help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle kan solank vir die mense van Moreset-Gat ’n afskeidsgeskenk stuur, want dit is verby met hulle. Agsib het die konings van Israel opsetlik verkeerd laat verstaan. Hulle het verwag dat die mense van Agsib hulle sou kom help, maar daar het niks van gekom nie.