Micah 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sal vir jou 'n erfgenaam bring, o inwoner van Marésa; hy sal na Adullam kom, die heerlikheid van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011
Inwoners van Maresa, Ek stuur ’n oorwinnaar teen julle. Die eer van Israel sal tot by Adullam kom.
Afrikaans 1933/1953
Nogmaals sal Ek jou 'n veroweraar bring, o inwoner van Mar,sa; die adel van Israel sal tot by Adullam kom.
Afrikaans 1983
Jy wat in Maresa woon, die Here laat een wat verower, na jou toe kom. Die trots van Israel sal tot by Adullam kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal weer 'n veroweraar na julle bring, inwoners van Maresa; hy sal tot by Adullam kom. Trots van Israel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Mense van die stad Maresa, die vyande sal na julle toe ook kom. Hulle sal tot by die stad Adullam kom, en niemand sal die Israeliete respekteer nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Here sê dat Hy aanvallers sal stuur om die mense van Maresa te kom verslaan. Israel se belangrikste leiers sal na Adullam toe gaan om daar in die grotte weg te kruip.