Micah 1:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maak jou kaal, en keur jou oor jou deerniskinders; vergroot jou kaalheid soos die arend; want hulle het in ballingskap van u af weggegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Skeer van hartseer ’n kaal kol op julle koppe ter wille van die kinders wat julle liefhet. Skeer julle koppe kaal soos ’n aasvoël. Want hulle sal van julle weggevat word en in ballingskap geneem word.
Afrikaans 1933/1953
Maak 'n kaalte op jou hoof en skeer jou weens jou troetelkinders; maak die kaalplek groot soos die van 'n aasvoël, omdat hulle van jou af weggevoer is in ballingskap.
Afrikaans 1983
Skeer 'n kaal kol op jou kop, skeer 'n kaal kol op jou kop soos dié van 'n aasvoël, want dié oor wie jy bly is, sal van jou af in ballingskap weggevoer word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
skeer jou kop kaal, skeer jou hare af oor jou lieflingkinders; maak die kaal kol so groot soos dié van 'n aasvoël, want hulle sal van jou af weggevoer word in ballingskap.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet julle hare afskeer. Skeer julle koppe so kaal soos 'n aasvoël se kop, want die vyande sal die mense van al hierdie stede vang en wegvat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jerusalem kan solank begin rou soos dit gewoonlik gedoen word wanneer iemand dood is. Hulle moet almal hulle koppe kaal skeer sodat dit soos ’n aasvoël se kaal kop lyk. Dit is soos dood, want die stede wat genoem is, is baie belangrike stede. Dit is erg om te dink dat hulle inwoners na ander lande toe weggevat sal word.”