Micah 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Luister, alle volke; luister, o aarde en alles wat daarop is, en laat die HERE HERE getuie wees teen jou, die HERE vanuit sy heilige tempel.
Afrikaans (NLV) 2011
Let op, nasies van die wêreld, julle wat die aarde bewoon! Die oppermagtige Here kla julle aan. Die Here sal getuig uit sy heilige tempel.
Afrikaans 1933/1953
o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.
Afrikaans 1983
Luister, alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Luister, alle volke! Let op, aarde en almal wat daarop woon! My Heer, die Here, gaan teen julle getuig, die Heer uit sy heilige paleis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die volke moet luister. Almal wat op die aarde woon, moet luister. Die Here sal sê wat julle verkeerd gedoen het. Hy kom uit sy gewyde tempel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die eerste boodskap klink so: “Luister, asseblief! Alle volke en mense wat op die aarde bly, kyk mooi wat gaan gebeur! Die Here is Koning en Hy maak ’n regsaak teen julle. Meer as dit nog, Hy sal teen julle getuig. Die Here is in sy tempel, maar Hy wil hê julle moet hoor wat Hy te sê het.