Micah 1:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die berge sal onder hom gesmelt word, en die valleie sal gekloof word, soos was voor die vuur en soos die waters wat op 'n skuins plek afgegooi word.
Afrikaans (NLV) 2011
Die berge smelt onder Hom. Soos was wat smelt, vloei hulle die valleie binne; soos water wat afvloei teen die heuwels.
Afrikaans 1933/1953
En die berge smelt onder Hom, en die laagtes skeur oop, soos was voor die vuur, soos water wat langs 'n helling afstroom!
Afrikaans 1983
Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, so smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die berge smelt onder Hom en die valleie skeur oop, soos was wat voor vuur smelt, soos water wat teen 'n berghang afstroom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer Hy kom, dan smelt die berge en die valleie onder Hom. Hulle verdwyn soos iets wat smelt in vuur, soos water wat afloop teen 'n heuwel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal sal weet Hy het gekom, want die aarde wys dit. Die berge smelt weg en die valleie skeur oop. Dit lyk net soos wanneer ’n mens kerswas in ’n vuur sou smelt. Die was word loperig van die hitte en loop net soos water teen die kante van die berge af. Dit is soos vuurwarm lawa wat afloop.