Micah 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die oortreding van Jakob is dit alles en oor die sondes van die huis van Israel. Wat is die oortreding van Jakob? is dit nie Samaria nie? en wat is die hoogtes van Juda? is hulle nie Jerusalem nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Hoekom gebeur dit? Omdat Israel en Juda sonde doen en opstandig is. Wie moet die blaam dra vir Israel se opstand? Is dit nie Samaria nie? Waar in Juda is die offerplekke vir die afgode? Is dit nie Jerusalem nie?
Afrikaans 1933/1953
Dit alles vanweë die oortreding van Jakob en vanweë die sondes van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding van Jakob? Is dit nie Samar¡a nie? En wie is die oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?
Afrikaans 1983
Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob, oor die oortredings van die volk Israel. Wat is die sonde van Jakob? Samaria! Wat is Juda se afgodshoogte? Jerusalem!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor Jakob se oortreding gebeur al hierdie dinge, oor die sondes van die huis van Israel. “Wie is verantwoordelik vir Jakob se oortreding? Is dit nie Samaria nie? Wie is verantwoordelik vir die offerhoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here kom omdat die Israeliete, die nageslag van Jakob, sonde gedoen het. Samaria is die plek waar die Israeliete sonde gedoen het, Jerusalem is die offer-plek waar die mense van Juda offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoekom gebeur dit? Omdat die hele Israel opstandig is teen die Here en verkeerde dinge doen. Wie moet die blaam dra dat die mense van die noordelike koninkryk opstandig is? Die hoofstad, Samaria, natuurlik! En waar is offerplekke vir afgode in die suidelike koninkryk gebou? Binne-in Jerusalem.