Micah 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal Ek Samaria maak soos 'n hoop veld en soos aanplantings van 'n wingerd; en Ek sal sy klippe in die dal afgooi en die fondamente daarvan ontdek.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek gaan Samaria tot ’n puinhoop maak, ’n plek om wingerde te plant. Die klippe waarmee die stad gebou is, gaan Ek in die vallei laat afrol. Die fondamente gaan Ek blootlê.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Ek Samar¡a 'n puinhoop maak op die veld, 'n plek om wingerdstokke te plant; en Ek sal haar klippe in die dal laat afrol en haar fondamente blootlê.
Afrikaans 1983
Daarom sal Ek Samaria 'n puinhoop in die oop veld maak, 'n plek om wingerde te plant. Ek sal sy bouklip in die laagte afgooi, sy fondamente oopgrawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom sal Ek van Samaria 'n puinhoop maak, 'n stuk veld vir die aanplant van wingerd. Ek sal haar klippe in die vallei laat afrol, haar fondamente blootlê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Ek sal Samaria heeltemal verwoes. Mense sal wingerde plant waar die stad was. Ek sal Samaria se geboue afbreek. Daar sal net 'n paar klippe oorbly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Hoor wat sê die Here hieroor: ‘Ek gaan Samaria soos ’n hoop rommel maak wat in die oop veld lê. Samaria sal nie meer ’n plek wees om in te bly nie, maar ’n plek waar ’n mens eerder ’n wingerd sal aanplant. Die stad gaan heeltemal verwoes word. Ek gaan die klippe waarmee die stad gebou is, teen die rante laat afrol tot onder in die laagtes. Net die kaal fondamente sal oorbly.