Micah 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En al sy gesnede beelde sal stukkend geslaan word, en al sy lone sal met vuur verbrand word, en al sy drekgode sal Ek 'n woesteny maak; want sy het dit bymekaargemaak uit die loon van 'n hoer, en hulle sal terugkeer na die huur van 'n hoer.
Afrikaans (NLV) 2011
Al die beelde in die stad sal stukkend geslaan word. Al die skatte uit prostitusie verdien, sal met vuur verbrand word. Al haar afgodsbeelde sal Ek vernietig. Sy het uit prostitusie haar verdienste bekom. Vir die doel van prostitusie sal hulle weer gebruik word.”
Afrikaans 1933/1953
En al haar gesnede beelde sal stukkend geslaan en al wat sy as hoereloon ontvang het, met vuur verbrand word, en al haar afgode sal Ek tot 'n verwoesting maak; want uit hoereloon het sy dit versamel, en tot hoereloon sal dit terugkeer.
Afrikaans 1983
Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word. Ek sal al sy afgode vernietig, want hy het hulle bymekaargemaak met sy verdienste uit prostitusie. Hulle sal die pad gaan van verdienste uit prostitusie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al haar afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, alles wat sy verdien het, sal in die vuur verbrand word, al haar afgode sal Ek vernietig; want met die loon van 'n prostituut het sy dit bymekaargemaak, en dit sal weer die verdienste van 'n prostituut word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die vyande sal die beelde in Samaria stukkend slaan en hulle sal die presente verbrand wat die mense na die tempel gebring het. Dit was presente vir tempel-prostitute, en die vyande sal dit gebruik om ander tempel-prostitute te betaal.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek gaan verder al die beelde wat in die stad is, stukkend slaan. Die mense moes betaal om deel te kon neem aan seremonies waarin die gode vereer is. As betaling moes hulle sekere goed na die afgodstempels gebring het. Ek sal al hierdie goed met vuur verbrand,’ sê die Here. ‘Ek sê weer, Ek gaan al die afgodsbeelde verpletter. Hierdie beelde en al die kosbare goed in die tempel is in die begin gekoop uit die betalings wat prostitute gekry het. Hulle het by die tempels gewerk. Maar daar sal mense wees wat hierdie goed sal steel en op ander plekke sal gebruik om vir prostitute te betaal.’”