Micah 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want haar wond is ongeneeslik; want dit het na Juda gekom; hy het gekom na die poort van my volk, na Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011
My volk se wond is ongeneeslik. Dit tref die mense van Juda. Dit reik selfs tot by die poorte van Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953
Waarlik, haar wonde is ongeneeslik; want dit het gekom tot by Juda, dit reik tot aan die poort van my volk, tot by Jerusalem.
Afrikaans 1983
Samaria se sweer is ongeneeslik, dit het gesprei tot by Juda: dit raak al aan my volk se stadspoort, aan Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want Samaria se wonde is ongeneeslik, ja, dit strek tot by Juda; dit raak aan die poort van my volk, aan Jerusalem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit gaan baie sleg met Samaria. Dit gaan nou ook sleg met Juda hier in Jerusalem waar my volk woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Samaria se toestand is soos iemand wat aan ’n ongeneeslike siekte ly. ’n Vyandelike volk gaan hulle aanval en niemand kan meer iets doen om hulle te help nie. Dieselfde gaan met die mense van Juda gebeur. Die gevaar is baie nader as wat hulle dink, die vyand is nie te ver weg van Jerusalem se hekke nie.”