Micah 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wee hulle wat ongeregtigheid uitdink en kwaad doen op hulle beddens! as die môre lig is, doen hulle dit, want dit is in die mag van hulle hand.
Afrikaans (NLV) 2011
Verskriklike dinge lê in die vooruitsig vir julle wat snags op julle beddens lê en bose planne bedink. Vroegoggend staan julle op en voer dit uit omdat julle die mag het om dit te doen.
Afrikaans 1933/1953
Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môre lig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.
Afrikaans 1983
Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die môre gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wee hulle wat onreg bedink, wat kwaad beplan op hulle beddens! Teen dagbreek voer hulle dit uit, want die mag is in hulle hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal sleg gaan met die mense wat in die nag lê en dink watter verkeerde dinge hulle kan doen en dit die volgende oggend doen. Hulle dink hulle is sterk en hulle mag dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die Here beplan iets vreesliks teen die mense wat in die nag lê en planne maak om ander te kul. Hulle staan in die oggend op en begin doen wat hulle uitgedink het. Hulle sit in poste waar hulle mag het, wat dit vir hulle moontlik maak om hulle planne te laat werk.