Micah 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Staan op en gaan weg; want dit is nie jou rus nie: omdat dit verontreinig is, sal dit jou vernietig, selfs met 'n groot verwoesting.
Afrikaans (NLV) 2011
Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand!
Afrikaans 1933/1953
Staan op en gaan heen! Want nie hi,r is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, 'n onherstelbare verwoesting.
Afrikaans 1983
Maak klaar, gee pad! Dit is nie julle blyplek nie, want dit is onrein en verwoes, onherstelbaar verwoes!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maak gereed en gaan weg, want dit is nie 'n tuiste hierdie nie! Omdat dit •onrein is, sal dit vernietig word – 'n verskriklike vernietiging.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle moet opstaan en begin loop, julle sal nie hier bly nie. Julle het die stad onrein gemaak. Die vyande sal die stad verwoes, heeltemal verwoes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Miga sê toe vir hulle: “Staan op, maak dat julle wegkom! Hier sal julle nie langer in vrede kan bly nie. Omdat julle ontrou aan die Here was, gaan hierdie plek so erg verwoes word dat dit nooit weer reggemaak sal kan word nie.