Micah 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
As iemand wat in die gees en leuens wandel, lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer van wyn en sterk drank; hy sal selfs die profeet van hierdie volk wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Die soort profeet wat julle sou verkies, is ’n profeet wat leuens vertel en vir julle sê: “Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drank vir julle kan bring.”
Afrikaans 1933/1953
As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank -- dan sou hy vir hierdie volk 'n profeet wees!
Afrikaans 1983
Wanneer 'n rondloper, 'n bedrieër lieg en sê: “As profeet beloof ek aan julle wyn en bier,” sal hy vir hierdie volk dié profeet wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
As iemand maar net voortdurend onsin en die leuen versprei, “Ek sal vir jou driftig profeteer oor wyn en sterk drank”, dan word hy die driftige profeet van hierdie mense!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie mense wil 'n profeet hê wat lieg en bedrieg. Hulle wil 'n profeet hê wat sê: “Gee vir my wyn en bier, dan sal ek vir julle 'n profeet wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Weet julle, as ’n profeet wat graag leuens vertel en mense bedrieg, vir julle sou sê: ‘Ek sal vir julle vertel van al die voordele wat wyn en bier vir julle bring!’ sal so ’n profeet net die regte soort vir julle wees. Hy pas perfek by julle!’