Micah 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die breker kom voor hulle op; hulle het opgebreek en deur die poort gegaan en daardeur uitgegaan; en hulle koning sal voor hulle uit trek, en die HERE is op hulle hoof.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle leier sal deur die linies breek en julle uit ballingskap lei. Hy sal julle lei deur die poorte van die stede, julle sal deur die poorte breek op pad na julle eie land toe. Julle koning sal voor julle uit gaan. Die Here self sal julle lei.”
Afrikaans 1933/1953
Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.
Afrikaans 1983
Een wat uitbreek, sal hulle lei, hulle sal uitbreek en deur die poort gaan, hulle sal daar uitgaan, hulle Koning sal voor hulle uitgaan, die Here sal voor hulle wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“ Die een wat deurbreek, gaan voor hulle uit. Hulle breek deur en gaan deur 'n poort; hulle gaan daardeur uit! Hulle Koning gaan voor hulle uit, die Here is op die voorpunt!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal hulle bring uit die lande waar hulle nou is, Ek sal voor hulle loop, en hulle sal weer by Jerusalem se poorte ingaan en uitgaan. Ek is die Here, hulle Koning, Ek sal voor hulle loop, Ek sal hulle lei.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal hulle help om deur die vyand se verdediging te breek soos om deur ’n hek te breek. Ek, die Here, is julle Koning! Ek sal julle leier wees.’”