Micah 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, so sê die HERE: Kyk, teen hierdie geslag bedink Ek 'n onheil waaruit julle julle nekke nie mag verwyder nie; en julle mag nie hoogmoedig gaan nie, want hierdie tyd is sleg.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die Here sê: “Ek sal kwaad met kwaad vergeld. Daar is nie ’n kans dat julle sal ontsnap nie! Julle gaan ’n slegte tyd beleef, niks gaan oorbly van julle trots nie.”
Afrikaans 1933/1953
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal 'n tyd van onheil wees!
Afrikaans 1983
Daarom, so sê die Here: Ek beplan 'n ramp teen hierdie mense, hulle sal dit nie kan ontwyk nie. Hulle sal nie meer regop kan loop nie, want dit sal 'n tyd van swaarkry wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, so sê die Here: “Kyk, Ek beplan onheil teen hierdie geslag, 'n onheil waaruit julle nie julle nekke sal kan trek nie. Julle sal nie regop kan loop nie, omdat dit 'n tyd van onheil sal wees.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom sê die Here: “Julle is slegte mense. Ek sal julle straf, en niemand sal julle red nie. Julle sal nie meer so hoogmoedig wees nie. Julle sal baie swaar kry in daardie tyd.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat hierdie mense so maak, sê die Here: ‘Ek beplan iets waarvan julle niks gaan hou nie. Daar is nie ’n kans dat julle dit sal kan ontduik nie. Dit gaan ’n baie slegte ervaring vir julle wees. Daar sal niks van julle trots oorbly nie.