Micah 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In dié dag sal 'n mens 'n gelykenis oor julle aanhef en met 'n klaaglied weeklaag en sê: Ons is heeltemal verwoes; Hy het die deel van my volk verander; hoe het Hy dit van my verwyder! Hy het ons veld afgeskei.
Afrikaans (NLV) 2011
Daardie dag sal julle vyande met julle spot. Hulle sal ’n treurlied sing en sê: “Dit is verby met ons, ons is heeltemal geruïneer! God het ons land van ons af weggevat. Hy het dit verdeel onder die mense wat ons verraai het.”
Afrikaans 1933/1953
In die dag sal hulle 'n spotlied oor julle aanhef en 'n klaaglied sing: Dit is gedaan -- sal hulle sê -- ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.
Afrikaans 1983
Daardie dag sal hulle 'n spotlied oor jou maak, hulle sal 'n klaaglied sing en sê: “Ons is geheel en al vernietig, my volk se besitting is opgedeel, dit is van ons afgevat, ons land is onder verraaiers verdeel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op daardie dag sal iemand 'n spotlied oor julle laat opklink, 'n klaaglied sing: “Dit is verby met ons!” sal hy sê. “Ons is heeltemal vernietig! Hy vervreem die eiendom van my mense! Hoe ontneem Hy my dit! As vergelding verdeel Hy ons grond.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense sal daardie dag hoor julle praat oor julleself en julle treur. Julle sal sê: “Die Here het ons swaar gestraf, Hy gee ons goed vir ander mense. Hy vat ons grond en gee dit vir die mense wat ons verraai het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal mense met julle spot. Hulle sal ’n lied sing wat vertel hoe hopeloos dit met julle gaan. Dit klink so: Dit is verby met ons. Daar is niks van ons oor nie. Hy het ons land van ons af weggevat en vir ander mense gegee. Hy het ons grond verdeel onder mense wat ons verraai het.’