Micah 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal jy niemand hê wat 'n tou deur die lot werp in die vergadering van die HERE nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wanneer die land verdeel word, sal die Here se mense geen sê hê nie. Ander mense sal julle grense vasstel.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in 'n erfdeel in die vergadering van die HERE nie.
Afrikaans 1983
Daarom sal jy nie meer iemand in die gemeente van die Here hê om jou land te verdeel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom sal niemand julle verteenwoordig in die geloofsgemeenskap van die Here wanneer die land deur loting verdeel word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, wanneer hulle in die vergadering van die Here se volk lootjies trek om te kyk wie grond moet kry, dan sal niemand vir julle lootjies trek nie. Julle sal niks kry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wanneer die tyd kom dat die land uitgedeel word, sal daar niemand by daardie vergadering wees wat na julle belange omsien nie.”