Micah 2:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Moenie profeteer nie, sê hulle vir die wat profeteer;
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraak of profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!”
Afrikaans 1933/1953
Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!
Afrikaans 1983
Dié wat maak of hulle profete is, sê: “Moenie jý 'n profeet probeer wees nie, moenie oor dié dinge praat nie. Daar sal nie ellende oor ons kom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Julle moet nie driftig profeteer nie,” sê hulle driftig. “'n Mens mag nie hierdie dinge driftig profeteer nie. Beledigings sal in elk geval niks bereik nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sê ek moenie praat nie, ek moenie so praat nie, dit sal ons nie help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In reaksie op hierdie boodskap van Miga was daar vals profete wat gesê het: “Moet julle nie steur aan die negatiewe goed wat hy gesê het nie. Die Here gaan ons nie verneder deur hierdie ramp oor ons te bring nie.”