Micah 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
o jy wat die huis van Jakob genoem word, is die Gees van die HERE benoud? is dit sy doen en late? doen my woorde nie goed aan hom wat opreg wandel nie?
Afrikaans (NLV) 2011
Israel, behoort julle so te praat? Sal die Here geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees.
Afrikaans 1933/1953
Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?
Afrikaans 1983
Volk van Jakob, moet daar gevra word: “Is die Gees van die Here kwaad? Doen Hy sulke dinge?” Belowe Ek nie goeie dinge vir dié wat opreg lewe nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kan dit gesê word, huis van Jakob? Is die Here ongeduldig, of is dit sy dade hierdie?” “Doen my woorde nie iemand goed wat die regte pad loop nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Israeliete, julle sê: “Is die Here nou nie meer geduldig met ons nie? Is dit Hy wat hierdie dinge doen? Die Here belowe goeie dinge vir mense as hulle reg lewe!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Miga het toe gesê: “Sê my ’n bietjie, Israel, behoort julle nie te vra: ‘Is die Here ongeduldig?’ en: ‘Sal Hy regtig so iets doen?’ nie. Julle behoort te weet dat die Here goeie dinge te sê het vir mense wat lewe soos Hy wil hê hulle moet.