Micah 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Selfs teen die tyd het my volk opgestaan as 'n vyand: julle trek die mantel uit met die kleed van die wat veilig verbygaan soos mense wat afwyk van oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar nou is my eie mense vyandig en opstandig. Julle gryp mense en skeur die klere af van hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terug van ’n veldslag af.
Afrikaans 1933/1953
Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.
Afrikaans 1983
My volk het in die afgelope tyd 'n vyand geword en in opstand gekom; julle stroop die mooi klere af van dié wat houtgerus by julle verbystap soos soldate van die slagveld af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar julle het vir my volk 'n vyand geword wat teenoor vredeliewende mense stelling inneem: Julle pluk die mantel af van niksvermoedende verbygangers, mense wat uit 'n oorlog terugkeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die Here sê: “My volk, julle het lank gelede my vyande geword. Julle vat die klere van mense wat in julle land kom en wat dink hulle is veilig by julle. Julle vat ook die klere van julle soldate wat terugkom van die oorlog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar die Here sê party van julle wil nie hoor wat Hy sê nie. Omdat dit julle houding is, is julle my volk se vyande. Julle gryp sommer ’n mens wat kalm en rustig by julle verbyloop en skeur sy klere van sy lyf af.