Micah 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die vroue van my volk het julle uit hulle lieflike huise verdryf; van hulle kinders het julle my eer vir altyd weggeneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle verdryf die vroue van my volk uit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge, van hulle godgegewe erfdeel.
Afrikaans 1933/1953
Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.
Afrikaans 1983
Julle jaag die vrouens van my volk uit hulle gerieflike huise uit, julle vat die blywende gerief wat Ek hulle gegee het, van hulle kinders af weg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle verdryf die vroue van my volk uit huise waaraan hulle verknog is; van hulle kinders ontneem julle vir altyd die waardigheid wat Ek gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle jaag die vroue van my mense uit hulle mooi huise. Julle vat ook die mooi goed wat Ek vir hulle kinders gegee het om altyd aan hulle te behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle jaag van die vroue van my volk uit hulle huise uit. Hulle het eintlik daardie huise so mooi na hulle smaak reggemaak. Deur dit te doen steel julle die kinders se reg om eendag te erf wat Ek vir hulle gegee het.”