Micah 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land geploeg word, en Jerusalem sal hope word en die berg van die huis soos die hoogtes van die woud.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle is die oorsaak dat die tempel gaan wees soos ’n omgeploegde land. Jerusalem sal soos ’n puinhoop lyk en die tempelberg soos ’n toegegroeide heuwel.
Afrikaans 1933/1953
Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
Afrikaans 1983
Daarom is dit julle skuld dat Sion soos 'n stuk land geploeg sal word, dat Jerusalem 'n puinhoop sal word, dat die tempelberg 'n hoogte vol bossies sal word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom, deur julle toedoen sal Sion 'n omgeploegde veld word; Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg oorgroeide heuwels.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Omdat julle dit doen, sal die vyande Jerusalem omploeg soos 'n mens 'n stuk grond omploeg. Hulle sal Jerusalem verwoes, en die berg waar die tempel nou staan, sal vol bosse wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hoor hier, julle leiers, dit is julle skuld dat Jerusalem verwoes gaan word. Sion gaan soos ’n omgeploegde land lyk. Die afgebreekte mure van Jerusalem gaan soos ’n hoop bourommel lyk. Bossies gaan oral op die berg groei waar die tempel staan, want daar gaan nie mense na die tempel toe kom wat die bossies gaan plattrap nie.”