Micah 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat die goeie haat en die slegte liefhet; wat hulle vel van hulle afruk en hulle vlees van hulle gebeente;
Afrikaans (NLV) 2011
Julle haat egter wat goed is en is lief vir wat sleg is. Julle slag mense lewendig af en skeur hulle vleis van hulle bene af.
Afrikaans 1933/1953
Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;
Afrikaans 1983
Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet, julle wat die mense se vel van hulle afskeur, die vleis van hulle bene af,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
julle wat die goeie haat en die slegte liefhet, julle wat die mense se velle van hulle afskeur en die vleis van hulle bene;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
maar julle haat alles wat goed is en julle is lief vir alles wat sleg is. Julle maak of my volk diere is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
By julle kry ’n mens net die teenoorgestelde. Julle haat die dinge wat reg en goed is, maar julle is lief vir die slegte dinge in die lewe. Julle behandel die mense van Juda soos diere wat lewendig afgeslag word. Die vel word afgetrek en die vleis van die bene afgesny.